- Title
- Die besonderhede in Jesus se etiese prediking volgens die bergrede (Mattheus 5-7)
- Creator
- Smit, Sarel Petrus
- Subject
- Jesus Christ, Sermon on the mount, Bible. N.T. Matthew 5-7 - Criticism, interpretation, etc.
- Date
- 2012-09-11
- Type
- Mini-Dissertation
- Identifier
- uj:9973
- Identifier
- http://hdl.handle.net/10210/7368
- Description
- M.Litt. et Phil., Daar is 'n duidelike verskil tussen Jesus se prediking en die van die Skrifgeleerdes en Fariseërs. Sy optrede en verkondiging was belangrik vir elkeen van Sy navolgers, want Hy het sy getuienis in Woord en Daad uitgeleef. Dus is die eiesoortigheid en besondere daarvan buitengewoon. Die aankondiging dat die koninkryk van God aangebreek het, bet 'n basis gevorm vir Jesus se etiese prediking. Die Vader het sentraal gestaan as inisieerder van die koninkryk, nou en toekomstig. Die voorwaarde om die koninkryk te beerwe is bekering, wat 'n totale ommekeer in die mens se lewe impliseer. Jesus was nie in konflik met die wet nie, inteendeel Hy het die wet kom vervul. Die klem val noodwendig op die Groot Gebod, naamlik die liefde vir God en medemens. Matteus het sekere sentrale verse beklemtoon om sy tema te verduidelik waarvan, Matteus 5: 17 die sentrale tema vorm. By nadere ondersoek word gevind dat Matteus uit 'n Joods-Christelike gemeenskap spruit. Hy het doelbewus 'n sendingbewustheid by sy lesers gekweek. Daar was 'n sterk wegbeweeg van die Joodse tradisies, na die koninkryk van God. Die Bergrede vorm 'n integrale deel van Jesus se aankondiging van die koninkryk van God. Die rol wat die dissipels van Jesus in die wêreld moet vertolk, word duidelik hierin weergegee. Daar moet egter onderskeid getref word tussen die oorgelewerde wet en die wet van God. Jesus het nie gekom om die wet ongeldig te maak nie, maar om dit te vervul. Die vervulling lê daarin dat Hy aan die eise van die wet kom voldoen het. Christus het deur sy lewe en voorbeeld etiese standaarde gestel en gehandhaaf. Etiek vereis van ons om te kies tussen reg en verkeerd sowel as tussen goed en kwaad. Daar is nie eintlik situasies wat nie eties geregverdig kan word nie. Daarom moet ons voortdurend onsself afvra hoe in sekere situasies opgetree moet word. Die Bergrede word as 'n hoogtepunt beskou in die etiese mileu, alhoewel dit nie altyd duidelik begryp word nie. Die bron van hierdie etiese lering was Jesus self. Dus is 'n etiese lewe meer as om net Christus se volgeling te wees, 'n eenwording moet plaasvind.
- Contributor
- Prof. J.A. du Rand
- Full Text
- Hits: 1009
- Visitors: 1683
- Downloads: 805
Thumbnail | File | Description | Size | Format | |||
---|---|---|---|---|---|---|---|
View Details Download | CONTENT1 | PDF Document | 1 MB | Adobe Acrobat PDF | View Details Download | ||
View Details Download | MODS | MODS Metadata | 3 KB | XML Document | View Details Download |