- Title
- Township adolessente se oriëntasie tot en bemagtiging deur inligting
- Creator
- Postma, Louise
- Subject
- Blacks - Education - South Africa, Adolescence - Research - South Africa, Information theory in education - South Africa, Local government - South Africa, Library use studies - South Africa
- Date
- 2012-09-11
- Type
- Mini-Dissertation
- Identifier
- uj:9965
- Identifier
- http://hdl.handle.net/10210/7360
- Description
- M.Ed., Hierdie studie fokus op swart gemarginaliseerde adolessente se orientasie tot die plek, wyse en inhoud van inligtingsaanbod. Die navorsing word gedoen oor adolessente se persepsies van hulle interaksie met inligting in die biblioteek. Die swart adolessent bevind haarself as gas in 'n hegemoniese leerders- en lesersgemeenskap en die studie wil die argument voorhou en verdedig dat die inligtingsbemagtiging binne hierdie twee kontekste slegs situasioneel en nie kritiesbemagtigend verloop nie. Die normatiewe opvatting van die inligtings - en kennisgemeenskap werk uitsluitend en dit word voorgehou as die kernproblematiek in die bemagtiging van die swart leerder. Die biblioteektradisie is nog verknoop aan 'n Westerse styl van inligtingsinteraksie en akkommodeer nie noodwendig die kultureelbepaalde style van inligtingsoordrag en -verwerwing van die swart adolessent the. Die biblioteek vorm deel van hegemoniese kennisgemeenskap wat daartoe lei dat die swan adolessent deur die tradisionele wyse en inhoud van inligtingsaanbod ontologies en epistemologies vervreemd raak. Die studie se waarde le in die areas wat die swan adolessente identifiseer wat tot hulle bemagtiging deur inligting kan bydra. Hulle wys op onderwerpe vir inheemse lektuur en maak voorstelle vir die verandering van die heersende tradisie vir die totstandkoming van 'n sosiaal-interaktiewe leergeleentheid binne 'n kultuurakkommoderende inligtingsomgewing.
- Contributor
- Prof. E. Henning
- Full Text
- Hits: 1235
- Visitors: 1197
- Downloads: 239
Thumbnail | File | Description | Size | Format | |||
---|---|---|---|---|---|---|---|
View Details Download | CONTENT1 | PDF Document | 2 MB | Adobe Acrobat PDF | View Details Download | ||
View Details Download | MODS | MODS Metadata | 3 KB | XML Document | View Details Download |