Abstract
M.Ed.
Die navorsingsdoel van die studie is om vas te stel hoe Intell® Teach to the
Future die betrokkenheid van opvoeders met Informasie en Kommunikasie
Tegnologië (IKT) beïnvloed. Opvoeders in Ga-Rankuwa het deelgeneem in die
navorsing.
ʼn Aantal privaatondernemings, soos Intel, het programme ontwerp ten doel om
opvoeders met die integrering van IKT te ondersteun, maar onvoldoende
gedokumenteerde bewyse van die invloed van privaat initiatiewe op die
betrokkenheid van opvoeders met IKT bestaan. Skole in Ga-Rankuwa gebruik
die IKT integreringsopleidingsprogramme van verskeie organisasies, dus is dit
belangrik om die invloed van hierdie programme op die betrokkenheid van
opvoeders met rekenaars te evalueer.
Onderswyersopleiding in IKT integrering word beskou as die belangrikste en
kritiese suksesfaktor om die tekort aan gekwalifiseerde opvoeders in IKT aan te
spreek (Dawes, 1999:256). Volgens Orange en Hobbs (2000:86) om skole en
opvoeders te betrek by IKT integrering, die beskikbaarheid van harde-en
sagteware word as noodsaaklik beskou alhoewel die blote teenwoordiigheid van
rekenaars in skole is onvoldoende om die kwaliteit van die onderwys te verander.
Verdere pogings om opvoeders te betrek met IKT integrering in onderwys en leer
so wel as ondersteuning is benodig. Verkeie lande gebruik verskillende
strategiee van onderswyersopleiding in hierdie verband.
Die navorsingmetodes is ‘n kombinasie van etnografie en ‘n gevallestudie.
Waarneming, fokusgroeponderhoude en analise van dokumente is gebruik om
data te versamel. Data analise het gelei tot vyf kategorieë.
Die bevindinge toon aan dat Intel®, tot ‘n grote mate, die betrokkenheid van
opvoeders wel beїnvloed het.