Abstract
M.Com.(Business Management)
Beheer as een van die take van bestuur, soos reeds in 1916 deur
Fayol beskryf, is in die moderne idioom nie 'n losstaande taak
wat in isolasie beoefen word nie. Dit word vandag erken dat
beheer aIleen sinvol toegepas kan word indien dit reeds vanaf
die beplanningsfase doelbewus met die ander bestuurstake
geintegreer is. Koontz & 0 I Donnell (1976 635) sê in die
verband: "Before there can be any meaningful control, both
plans and organization structure must be as clear, complete,
and integrated as possible".
Schutte (1981:14) bepleit 'n verdere veredeling van die
integrasieproses wanneer hy sê: "If an organisation is to
become more effective and efficient it has to move from an
empirical type of management structure to a normative type
... ", waar die normatiewe bestuurstruktuur streef na die
optimalisering van die tydsbesteding aan beplanning en beheer
van bestuurders op die onderskeie vlakke in die
organisasiestruktuur.
Binne die beheertaak is beheerstelsels kernbelangrik vir die
voortgesette suksesvolle funksionering van 'n onderneming, want
sonder beheerstelsels is daar geen lewensvatbare meganisme om
te verseker dat hulpbronne effektief toegedeel en benut word
nie, aldus Steers, et al. (1985 : 207).
Die behoefte aan beheermaatreëls en -tegnieke wat deurlopend
aangepas word by die veranderende omstandighede waaraan bestuur
blootgestel is, is 'n integrale komponent van die proses van
voortdurende verfyning van die totale bestuurstaak...