Abstract
D.Ed.
Die doel met die navorsing was om te bepaal wat konstitueer
produktiwiteit in Suid -Afrikaanse skole en in watter mate distriks -
amptenare produktiwiteit in skole kan verbeter.
Die historiese agtergrond en veranderinge in Suid-Afrika gekoppel aan die
tekort van resente navorsing in die veld, het verdere navorsing
genoodsaak, ten einde huidige tendense gekoppel aan produktiwiteit
binne die Suid-Afrikaanse skool konteks sowel as die distrik te kon
identifiseer.
`n Literatuurstudie was onderneem ten einde agtergrond te verkry
rakende produktiwiteit in skole en distrik se rol daarin. Die ontrafeling
van verskeie aspekte rakende produktiwiteit in skoolverband en hoe
distriksamptenare produktiwiteitsvlakke in skole kan verhoog was ook
nagevors.
Die literatuurstudie het die belangrikheid van die skoolbestuurder in
sy/haar rol beklemtoon asook die rol van opvoeders in die verbetering van
produktiwiteits vlakke in skole. Die literatuurstudie het ook verder die
belangrikheid van distriks amptenare en hul ondersteunning in skole
beklemtoon, wat aanleiding kan gee tot produktiwiteits verbetering in
skole.