Abstract
M.Com. ( Business Management)
Daar is tans In nasionale gewaarwording dat daar In toenemende
behoefte bestaan vir mensllke hulpbronontwikkeling wat bestuursopleiding
Insluit. Die kritiese rol van bestuur in die bepaling van 'n
organisasie se sukses, word allerwee aanvaar. Opleiding en ontwikkeling
van bestuurders is een metode om uiteindelik die doeltreffendheid van
In organisasie te verseker. Genoemde bestuursopleiding kan plaasvind
'deur' middel van interne indiensopleiding, ad hoc opleidingskursusse
deur nie-tersiere instellings sowel as opleidingskursusse deur tersiere
instellings.
Erkende bestuurskursusse aan sodanige tersiere instelllngs is onder
andere Magistergraad in Bedryfsleiding, Magistergraad in
Bedryfsadministrasie en Magistergraad in Ondernemingsbestuur. Die
afkorting MBA word hedendaags gebruik om te verwys na In Magistergraad in bestuurswese. Vir doeleindes van hierdie studie sal die
begrippe bestuurskursus en bestuursopleiding sowel as die afkorting
MBA verwys na In Magistergraad in bestuurswese. Hierdie studie fokus
op bestuursopleiding as deel van menslike hulpbronontwikkeling.