Abstract
M.Sc. (Zoology)
Suidwes-Afrika is. tn land van kontraste. Dit is tn dorre
gebied waar water die paspoort is tot lewe. Die jaarlikse
reenval is betrekIik laag (280mm, Dept. Waterwese. 1972) sodatdie
natuurlike dreineringsisteme vir die grootste gedeelte
van die jaar bree sandslote is. Tydens die kort
reenseisoen verander dit egter in bruisende watermassas, wat
afloop om uiteindelik in die see, moerasse .of die sand van
die Kalahari te verdwyn. Die bou van groot opgaardamme soos
die Hardap-, Naute- en Von Bachdam het hierdie watermassas vir
mens en dier opgegaar. Die vraag ontstaan egter of water,
wat vir mens, dier en op besproeiingslande beskikbaar gestel
is, ten volle benut word…