Abstract
M.B.A
"Geesteswetenskaplike navorsing is 'n gemeenskaplike aktiwiteit waardeur 'n
bepaalde verskynsel in die werklikheid op 'n objektiewe wyse bestudeer word,
ten einde 'n geldige begrip van die verskynsel daar te steI." (Mouton en Marais,
1989:7)
"Dit is 'n natuurIike strewe van die mens om die werklikheid waarvan hy deel
vorm, te probeer begryp. Die belangrikste wyse waarop die mens sy ervaringe
en belewinge vasgryp, is in uitsprake oor die werklikheid. Die maak van
uitsprake, formulering van stellings, is daarom 'n intrinsieke komponent van aIle
betekenisvolle menslike ervaring. In die mate waarin menslike kommunikasie
noodsaakIik is vir sinvolle sosiale interaksie, so is die maak van stellings ook 'n
onlosmaakIike dimensie van ons menswees" (Mouton en Marais, 1989: 7)
Praktiese navorsing in hierdie studie is in samewerking met die Wickes-groep gedoen.
Wickes is 'n Europese winkelgroep wat onlangs in Suid-Afrika gevestig is en beoog
om 'n groot aantal takke in Suid-Afrika te open. Hardeware, boumateriale, gereedskap, ingeboude kaste, badkamers en talle ander produkte word deur hierdie
handelaars verkoop. Die eerste tak is op 28 Oktober 1995 in Boksburg, digby die
East-Rand Mall geopen. Navorsing is gedeeltelik by hierdie tak afgehandel. Dit
behels hoofsaaklik 'n uiteensetting van die produk, die verbruiker, die markgebied en
besteding. Die mikro-analise wat in hoofstuk 4 ter sprake is, is dus gedeeltelik hier
toegepas. Die doel daarvan was hoofsaaklik om beter insig te verkry in die rnikroaspekte
van die betrokke handelaar. Daardeur kan swak en sterk punte uitgelig word,
en daarna kan moontlike strategiee geformuleer word om hierdie swak punte aan te
spreek soos in hoofstuk 7 gedoen is.
Verdere navorsing is gedoen deur 'n demografiese analise te doen vir die ontwikkeling
van 'n nuwe Wickes-tak in Ferndale, Randburg. Hier is hoofsaaklik op die makroaspekte
gefokus deur 'n analise (wat oorwegend demografies van aard is) te doen op
die potensiele markgebied van 'n ligging waar Wickes 'n tak sal open...