Abstract
M.Comm.
Doelwit van die studie en navorsings benadering
Die doelwit van die studie is om op 'n duidelike en sistematiese wyse die basiese beginsels van die armlengte begrip, insluitende die toepassing daarvan op oordragte van ontasbare bates en intra-groep dienste, uiteen te sit. In die strukturering van hierdie werk het die outeur gepoog om 'n teks te voorsien oor die toepassing van die armlengte beginsel wat beide inhoudelik en wat aanbiedingstyl betref, geredelik toeganklik sal wees vir sowel die oordragprysings-analis en die praktisyn wat by die dag-tot-dag bestuur van hul ondememings betrokke is. Bronverwysings word in die teks self vervat, soos ook tersaaklike aanhalings wat onontbeerlik is vir 'n duidelike begrip van die onderwerp. Elke hoofstuk word voorafgegaan deur 'n opsomming van rubriek- en paragraafinhoud.
Gevolgtrekking
Suid-Afrikaanse sakelui moet hul oordragprysbeleid in oenskou neem en toesien dat dit
behoorlik gedokumenteer is. Hulle sal die ekonomie van hul ondememings in groter
besonderhede moet verstaan. As so 'n ontleding gedoen is, sal gesoek moet word na
vergelykbare derdeparty transaksies wat die groep se prysingsbeleid kan ondersteun. Al die werk sal noukeurig gedokumenteer moet word. Baie detail sal veral nodig wees vir
maatskappye wat in Amerika bedrywig is, maar die benadering moet geld vir die meeste lid lande van die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling OECD').
Daar is 'n voelbare dringendheid aan die nuwe praktyknota. Sakelui moet hulle, waar dit
toepaslik is, toespits op die voorwaardes, bepalings, eienaarskap en verwante risiko's
verbonde aan die transaksies wat hulle aangaan. Die veilige gebruik van intemasionale
oordragprysing in belastingbeplanning op wereldslcaal, is 'n meganisme wat Suid-Afrikaanse sakelui so you as moontlik moet begin benut om globaal mededingend te bly.
Die verwysings in hierdie studie weerspieel die regsposisie soos op 26 Oktober 2000.