Abstract
M.Ed. (Teaching Studies)
Hierdie navorsing is gebaseer op die onderrigvaardighede wat tydens lesvoorbereiding
en lesbeplanning benodig word. Onderwysers benodig sekere
toepaslike en relevante onderrigvaardighede binne die onderwys professie. Daar
word gepoog om die basiese onderrigvaardighede te identifiseer wat benodig
word tydens lesvoorbereiding en -beplanning, hoe 'n onderwysstudent hierdie
vaardighede kan bemeester en om te bepaal of die vaardighede deur die
onderwysers aangewend word in die werklike onderrigsituasie.
Die doeI van hierdie studie word volledig in hoofstuk 1 uiteengesit. Die
doelstellings is as volg:
* om 'n verskeidenheid van vaardighede wat tydens lesvoorbereiding en beplanning
benodig word, te identifiseer;
om ondersoek in te stel of hierdie vaardighede aan onderwyskolleges en
universiteite wei onderrig word;
om te bepaal of onderwyskolleges en universiteite (volgens die
respondente) die nodige aandag, prakties sowel as teoreties, aan die
onderrig van genoemde vaardighede bestee, en
om te bepaal of die vaardighede, indien wei onderrig is, in die klaskamersituasie
aangewend word.
'n Vraelys is saamgestel wat op die basiese onderrigvaardighede gebaseer is en
wat onder andere die volgende insluit: besluitnemingsvaardighede; onderrigvaardighede
betreffende die leerling se beginsituasie; vaardighede om die doel,
doelstellings, lesinhoud, leerling-onderwyseraktiwiteite, leerinhoud, organisasie,
evaluasie en terugvoer korrek te selekteer.
Die vraelys is deur onderwysers van verskillende jaargroepe in verskillende skole
voltooi om sodoende data van onderwysvaardighede tydens lesbeplanning en
-voorbereiding in te same!. Die bevinding van die vraelys weerspieel die opinie dat aile jaargroepe van onderwysers saamstem dat die teoretiese aspek van hul
opleiding genoegsame aandag geniet, maar dat die praktiese opleiding van
onderwysers nie dieselfde aandag geniet nie. Die bevindings dui daarop dat 'n
ongebalanseerdheid bestaan tussen die teorie en die praktyk.
In die lig hiervan het die navorser dit nodig geag om sekere aanbevelings aan
kolleges en universiteite te maak, ter bevordering van die status quo. Daar word
onder andere voorgestel dat tersiere inrigtings hul huidige onder-wysersopleiding
kurrikula en opleidingsprogramme hersien, ten einde meer effektiewe praktiese
ondervinding aan onderwysstudente te bied, en hulle sodoende beter toerus met
die vereiste onderrigvaardighede wat hulle in staat sal stel om hulle taak met
beter bevoegdheid, meer effektiwiteit en sukses te verrig.