Abstract
M.Ed.
Hierdie studie fokus op swart gemarginaliseerde adolessente se orientasie tot die plek,
wyse en inhoud van inligtingsaanbod. Die navorsing word gedoen oor adolessente se
persepsies van hulle interaksie met inligting in die biblioteek.
Die swart adolessent bevind haarself as gas in 'n hegemoniese leerders- en
lesersgemeenskap en die studie wil die argument voorhou en verdedig dat die
inligtingsbemagtiging binne hierdie twee kontekste slegs situasioneel en nie kritiesbemagtigend
verloop nie.
Die normatiewe opvatting van die inligtings - en kennisgemeenskap werk uitsluitend en
dit word voorgehou as die kernproblematiek in die bemagtiging van die swart leerder.
Die biblioteektradisie is nog verknoop aan 'n Westerse styl van inligtingsinteraksie en
akkommodeer nie noodwendig die kultureelbepaalde style van inligtingsoordrag en
-verwerwing van die swart adolessent the. Die biblioteek vorm deel van hegemoniese
kennisgemeenskap wat daartoe lei dat die swan adolessent deur die tradisionele wyse en
inhoud van inligtingsaanbod ontologies en epistemologies vervreemd raak. Die studie se waarde le in die areas wat die swan adolessente identifiseer wat tot hulle
bemagtiging deur inligting kan bydra. Hulle wys op onderwerpe vir inheemse lektuur
en maak voorstelle vir die verandering van die heersende tradisie vir die totstandkoming
van 'n sosiaal-interaktiewe leergeleentheid binne 'n kultuurakkommoderende
inligtingsomgewing.