Abstract
M.Ed.
Soos wat mense oor die wêreld reis en in hulle in nuwe plekke vestig, reis plante
saam met hulle. Plante kan reis in die vorm van sade wat as onsigbare medereisigers
verskuil is in die voue van klere of vaskleef aan voertuie of diere. Mense
bring ook soms bewustelik nuwe plante 'n land binne.
Plante van ander lande staan bekend as uitheemse plante. Sulke plante is dikwels
bale meer suksesvol as wat ons dit graag sou wou gehad het en versprei in areas
waar hulle nie welkom is nie. Hulle staan dan bekend as indringerplante. Uitheemse
indringerplante is in direkte mededinging met inheemse plante en dra by tot die
verdringing van inheemse vegetasie deur die ontwrigting van die ekologiese sisteem.
In Suid-Afika, affekteer uitheemse indringerplante bykans 10 miljoen hektaar (8,28%)
van die land. Ongeveer 750 boomspesies en 8 000 struike is in Suid-Afrika bekend.
Hiervan word 161 as indringers beskou en 44 is regtens tot skadelike onkruid verklaar
(hulle verwydering word volgens wet vereis).
Uitheemse indringerplante is om verskeie redes bekend gestel. Hierdie plante het
egter 'n enorme negatiewe impak op watervoorrade, landboupotensiaal en
biodiversiteit. Die literatuuroorsig het aan die lig gebring dat bale lande in die wereld
besig is met die uitwissing van uitheemse indringerplante met die oog daarop om dit
met inheemse plante to vervang.
Die Werk vir Water-program bly steeds een van die modelprogramme wat die
regering se verbintenis tot heropbou en ontwikkeling uitwys. Uitheemse indringerplante
gebruik jaarliks ongeveer 3 300 miljoen kubieke meter (m) water. Die koste
verbonde aan die beheer van indringerplante is hoog.Skole in die omgewing van Orinocco in Bosbokrand het steeds indringerplante op
hulle persele. Die studie het dit ten doel gehad om die houding van onderwysers
rakende die aanplanting van utheemse indringerplante te ondersoek.
Die bevindinge van die studie beklemtoon die noodsaak om so you as moontlik op te
tree. Dit beteken dat almal bewus gemaak moet word van die erns van die
probleem. Elke individu kan 'n verskil maak en dit is van absolute belang dat almal
verantwoordelikheid aanvaar vir ons land en water.