Abstract
M.A.
Aihoewel die tradisionele organisasie oor die algemeen 'n soliede vergoedingstelsel met 'n sterk
fokus op koste-effektiwiteit en administratiewe presisie gehad het, het die moderne organisasie, wat
gekenmerk word deur platter organisasiestrukture, groter buigsaamheid, 'n meer deelnemende
bestuurstyl en 'n groter mate van openheid, ander vereistes gestel aan die tradisionele vergoedingstelsel.
Die modeme vergoedingstelsel, wat die modeme organisasie kenmerke ondersteun, word
beskou as 'n stelsel wat uitset gerig is, met min salarisvlakke, wat min of geen status simbole bevat, wat
groter deursigtigheid bevorder en waar meganistiese beheer stelsels vervang word met analitiese
bestuursbeheer. Dit het aanleiding gegee daartoe dat nuwe moderne vergoedingspraktyke, onder
meer ook bandverbreding, die lig gesien het.
Die verhandeling het ten doel om bandverbreding, wat gedefinieer word as die vermindering van
posvlakke en die dienooreenkomstige verbreding van salarisbande, om sodoende 'n platter organisasiestruktuur
te skep wat groter aanpasbaarheid en dinamika tot gevolg sal he, te verken en te omskryf.
Die fokus val veral op die ontwerp en die proses van implementering van bandverbreding
binne 'n Suid-Afrikaanse organisasie.
Die tradisionele posevalueringstelsel, wat die hart van enige vergoedingstelsel gevorm het, het sterk
onder die vergrootglas gekom nadat die bandverbredingsproses bekendgestel is. Die invloed van
bandverbreding op die onderskeie posevalueringstelsels asook op die plek daarvan binne 'n holistiese
vergoedingstrategie word van naderby bekyk en beskryf
Die teoretiese oorsig dek ook onder andere die redes waarom organisasies bandverbreding implementeer,
die gereedheid van organisasies vir die bandverbredingsproses, die praktiese probleme
waarmee organisasies gekonfronteer word wanneer bandverbreding geimplementeer word en mites aangaande die proses.
Twee Suid-Afrikaanse organisasies binne die finansieledienste bedryf wat bandverbreding in sy
voile omvang geimplementeer het, het die basis gevorm van die ondersoek. Die faktore wat aanleiding
gegee het tot die implementering van bandverbreding, en wat die gereedheid van die organisasie
beinvloed het, die potensiele struikelblokke, die ontwerp van die bandverbredingstrukture
asook die implementeringsproses wat beide organisasies gevolg het, het die navorser in staat gestel
om 'n aanbeveling to maak aangaande 'n implementeringsmodel.
Die implementeringsmodel, wat beskou kan word as 'n opsomming van die bevindinge van die navorsing,
beveel aan dat bandverbreding as deel van 'n holistiese vergoedingstrategie geimplementeer
word en dat die proses deur 'n vergoedingsfilosofie, wat die bandverbredingsfilosofie komplimenteer,
ondersteun word. Dit is egter duidelik dat alhoewel die bandverbredingskonsep 'n groot
bydrae kan maak tot die vestiging van die modeme organisasie, die sukses daarvan opgesluit le in
die effektiewe implementering en toepassing daarvan.