Abstract
M.Ed.
Ondersoek na die behoefte aan Godsdiensonderrig in swart sekondere skole in
die Vaaldriehoek, vorm die tema van hierdie verhandeling.
Godsdiensonderrig is een van die verpligte vakke wat in skole onder die toesig van
die vorige Departement van Onderwys en Opleiding onderrig word.
Godsdiensonderrig is 'n verpligte vak vanaf graad 1 tot standerd 10.
Die fokus van hierdie studie lig die aktualiteit van die probleem uit. Vorige
wetgewing in Suid-Afrika het nie net die vak verpligtend gemaak nie, maar ook net
aandag gegee aan die Christelike godsdiens in staatskole. Na die verkiesing in
1994, het daar 'n nuwe interim regering aan bewind gekom. Dit bring die
verandering mee dat die klem nie langer alleen op die Christelike godsdiens val nie,
maar dat alle godsdienste nou gelykelik in staatskole hanteer moet word.
Die doel van hierdie studie was om vas te stel of:
Daar enigsins 'n behoefte by studente bestaan om Godsdiensonderrig in
sekondere skole te neem.
Indien daar 'n behoefte bestaan, watter godsdiens Daar ook kennis verlang word van die ander godsdienste en gelowe wat in
ons land voorkom.
Uit die literatuurstudie blyk dit dat soortgelyke probleme ook in ander lande met 'n
verskeidenheid godsdienste en gelowe voorgekom het. Daarom word daar verwys
na die hantering van Godsdiensonderrig in Amerika en Engeland. Ook lande in
Afrika waar daar telkens, na 'n verandering in regering, 'n herondersoek na die vak
gedoen is. Die sluit lande in soos Nigerie, Malawi, Zimbabwe, Zambie en Namibie.
In Suid-Afrika is die klem geld op die verlede, hede en toekoms van
Godsdiensonderrig.
Die navorsingsmetode behels vraelyste aan studente en onderhoude met
belanghebbende persone in die onderwys. Al die data wat in die ondersoek verkry
is, is geanaliseer en die resultate rekenaarmatig verwerk.
Na 'n deeglike bestudering van die resultate, is tot die gevolgtrekking gekom dat
respondente voel dat:
Godsdiensonderrig 'n regmatige plek in die kurrikulum behoort te he.
Die oorwegende godsdiens die Christelike godsdiens is.
Daar beslis 'n behoefte bestaan om meer te wete te kom van die ander
godsdienste en gelowe in ons land.