Abstract
M.Cur. (Psychiatric Mental Health Nursing)
Die doel van hierdie studie is om te bepaal of ondersteuningsgroepe
aan ouers met verstandelik vertraagde kinders 'n positiewe
uitwerking het op die ouers se funksionering binne die gesin.
'n Eksperimentele ondersoek is gedoen met tien gesinne wat
voldoen het aan kriteria vir seleksie. Hierdie tien gesinne
het bestaan uit vier enkelouergesinne en ses twee-ouergesinne.
Hierdie proefpersone moes ten minste een verstandelik vertraagde
kind op skool he, met ander woorde, hy/sy moes opleibaar
wees; hulle moes binne die Potchefstroomse woongebied
en/of distrik woonagtig wees en hulle moes skriftelik
toestemming gee tot vrywillige bywoning van die ondersteuningsgroepe
wat aangebied is. Alle proefpersone is deur middel
van gestratifiseerde steekproefneming ewekansig getrek en in 'n
eksperimentele groep van agt ouers, en 'n kontrolegroep van
agt ouers, geplaas.
Die eksperimentele groep het agt sessies ondersteuningsgroepe
ontvang waar doelstellings en verwagtings deur die ouers met
verstandelik vertraagde kinders, opgestel is met leiding
deur die groepsleier. Die sessies het tweemaal per week vir
vier weke lank geskied. Die kontrolegroep het 'n inligtingstuk
oor ondersteuning ontvang wat self deurgewerk moes
word oor ~ tydperk van vier weke om die Hawthorne-effek te
minimiseer. Onverstaanbare terminologie is deur die navorser
verduidelik.