Abstract
M.Comm.
Die skripsie handel oor die beginsel van monetere en ekonomiese integrasie en die
toepassing daarvan op Suidelike Afrika as 'n ontwikkelende handelsblok. Die Europese Unie
se integrerende kriteria word hoofsaaklik gebruik as 'n raamwerk om die ekonomiese
doeltreffendheid van Suidelike Afrika te ondersoek. Die doel van die ondersoek is om vas te
stel of suksesvolle ekonomiese integrasie moontlik is vir die streek.
Eerstens is daar gekyk na die verkillende definisies, vorms, voor- en nadele van monetere
integrasie. Dit is in 'n meer algemene lig bespreek. Daarna is die makro-ekonomiese
omgewing van Afrika en spesifiek Suidelike Afrika ondersoek. Die laaste gedeelte van die
skripsie handel oor ander handelsblokke en die effek op ontwikkelende lande en streke.