Abstract
M.Sc. (Mathematics)
Die eienskappe van 'n ring het 'n bepalende invloed op die eienskappe
van die module oor daardie ring. So kan belangrike klasse van ringe
gekarakteriseer word met behulp van module oar sodanige ringe. Origens
blyk dat eienskappe van R-module wat in die algemeen nie saamval nie.
weI saamval as ons R beperk tot sekere klasse van ringe.
In die literatuur word die verwantskappe tussen 'n moduul en sy ring
van skalare wyd verspreid aangetref.
Die oogmerke van hierdie skripsie is om die belangrikste resultate wat
die verwantskap tussen ringe uit 'n gegewe klas met hulle module aandui
in een bron saam te bring vir sekere belangrike klasse van ringe. 'n
Literatuurlys word vir verdere insae verskaf. Geen aanspraak word op
volledigheid gemaak nie.
Definisies word deurgaans gegee ter wille van volledigheid en ter wille
van terminologie. Waar stellings en lemmas egter direk uit definisies
volg. word geen bewys gegee nie. Bewyse word weI gegee in gevalle waar
'n besondere strategie. helderheid of bondigheid dit regverdig.