Abstract
M.A.
Die skrywer van hierdie evangelie stel die doel daarvan as om mense
voor 'n keuse te plaas, 'n keuse vir of teen Jesus die Seun van God.
My doel is dan om die evangelie meer verstaanbaar te maak deur te
poog om die lewe waaroor dit in die evangelie gaan, te verklaar.
Omdat die evangelie ook dien as 'n teologiese verklaring, sal ek ook
probeer aandui wat die toelogie van die Johannesevangelie is. Oor
die dood sal daar nie breedvoerig gehandel word nie, aangesien
hierdie evangelie bekend staan as die evangelie van lewe.