Abstract
M.A.
Die doel van die verhandeling is om bydaende faktore wat aanleiding gee tot
psigiatriese terugval vas te stel om sodoende aanbevelings te maak wat op die
bevindinge gegrond is om diegene wie met psigiatriese pasiente werk te help .
Deur middel van hierdie verhandeling is ‘ n poging aangewend om antwoorde
tot die volgende vrae te verkry :
• Wat is die persepsies van gesinne teenoor ‘n terugval van hul
naasbestaandes ?
• Wat word deur gesinne as ‘n vernamme bydraende faktor tot terugval
beskou?
• Wat is die gevolge van her-toelating op die gesin?
• Wat is die algemene gevolge van institusionalisering op die pasient?
Nie-waarskynlike steekproeftrekking vir die projek is gebruik. ‘m
Onderhoudskedule is gebruik om data in te samel. Onderhoude is met twaalf
respondente gevoer en hul antwoorde is aangebied en ontleed.
Deur middel van hierdie ondersoek is vasgestel dat die oorgroter meerderheid
pasiente pas nie so goed aan by die huis as in die gestig nie. In alle
waarskynlikheid ‘n rede vir hierdie toedrag van sake is dat hulle hul voorskrif
vir medikasie nakom nie. Hierdie nie-gehoorsaamheid deur pasiente lei daartoe
tot die siening deur ‘n toenemende aantal gesinne dat hospitalisasie die
geskikste plek is vir pasiente, met ontslag as nie-wenslik beskou.
Tydens hierdie navorsingsprojek is vasgestel dat alle respondente nie voorberei
is om te werk met geestessiektes nie. Hierdie probleem het daartoe aanleiding
gegee tot ‘n mislukte integrasie proses aangesien pasiente nie terug na hulle
gesinne en gemeenskappe teruggeplaas kon wees nie. Hierdie probleem het ‘n
negatiewe aanslag op staatsbeleid om weg te doen met die institusionalisering
van pasiente.
Prof. Mitchell