Abstract
M.Comm.
Gegewe die agtergrond en probleemstelling van die studie, kan die doelwitte van die studie sons volg
gefonnuleer word:
Die eerste doel van die studie is om te bepaal of handelsmerklojaliteit wat sigarette betref, nog by
verbruikers bestaan en 'n rol speel by die keuse van 'n handelsmerk.
Die tweede doel met die studie is om te bepaal watter faktore die verbruiker se keuse van 'n spesifieke
handelsmerk van sigarette beInvloed, dit wil se watter faktore beInvloed handelsmerklojaliteit. Wat die
faktore betref, sal daar hoofsaaklik gekonsentreer word op die invloed van die elemente van die
bemarkingsmengsel, naamlik:
Produk ;
Prys ;
Distribusie ;
Bemarkingskommunikasie.
Met hierdie studie sal dus gepoog word om 'n bydrae te lewer tot die verbreding van die bestaande kennis
oor handelsmerklojaliteit en die rol daarvan vir geslaagde sigaretbemarking.