Abstract
M.Ed.
Met die bekendstelling van die nuwe Ontwikkelingstakseringstelsel (OTS) het ‘n
donker era (van inspeksie en ‘n soeke na foute) tot ‘n einde gekom. Die nuwe
deursigtige proses se fokus is op ontwikkeling en die daarstel van ‘n persoonlike
groeiplan vir alle opvoeders.
‘n Siening dat daar by elke onderwyser nog areas van ontwikkeling moontlik is lê
moontlike tekortkominge bloot maar fokus hoofsaaklik op die positiewe.
Verslae sal eerder erkenning gee as dit vermag is en so ‘n positiewe gesindheid
help kweek. Met die ou sisteem wat bloot foute gesoek het , het die proses ‘n
vrees laat ontstaan vir die proses van assessering. Die nuwe sisteem sal
kredietwaardigheid moet toon voordat die oorgrote meerderheid dit sal vertrou.
Die ontwikkelaars van die stelsel glo dat as personeel die proses deurgegaan
het, hulle meer vertroue daarin sal ontwikkel.
‘n Gestruktureerde vraelys is uitgestuur na openbare skole met die fokus op
“Leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes”(LSOB). Hierdie
navorsingsinstrument fokus op aspekte wat bydrae tot die suksesvolle
implementering van die Ontwikkelingstakseringstelsel (OTS). Opvoeders se
gesindheid word dan heens die OTS geanaliseer. Hierdie ontleding word dan
deur ‘n verskeidenheid van toetse bestudeer en beskryf. Die vraelyste wat aan
“LSOB” skole gestuur is, is gebruik om afleidings te maak hoe opvoeders oor die
implementering van die nuwe sisteem voel.
‘n Verskeidenheid van bevindinge en aanbevelings word uit die literatuur en
empiriese studie gemaak. Onderwerpe vir moontlike verdere studie en navorsing
sluit die studie af.