Abstract
Die morfologiese en sernantiese kenmerke van die dirninutiewe suffiks
{-ana} is dusver nog nie volledig nagevors vir Zulu nie.
Op morfologiese viak het dit geblyk dat I-anal die normvariant van
die suffiks is en 'n aantal rnorfologiese, rnorfonologiese (of
kombinatoriese) en fakultatiewe variante vertoon. Hierdie rnorfeern
bet waarskynlik sy ontstaan gehad in die hipotetiese naarnwoordstarn
-ana.
Die optrede van {-ana} het bepaalde klankveranderings tot gevolg
weens die opeenhoping van vokale. Fonologiese reels wat voorsiening
maak vir a-weglating, palatalisasie, frikativisasie en
semivokaal-weglating word bespreek.
{-ana} tree hoofsaaklik produktief en met 'n diminutiewe
betekeniswaarde op, en het dus die status van ware rnorfeern. Daar
kom egter ook verstarde vorrns voor waaronder kwasi-diminutiewe
(naamwoorde met die klankvorm I-anal, maar geen diminutiewe
betekenis nie) en onproduktiewe diminutiewe naarnwoorde (naamwoorde
met 'n dirninutiewe betekenis rnaar geen ooreenstemrnende onafgeleide
vorme nie). Laasgenoemde twee tipes naamwoorde kan gegroepeer word
in semantiese bundels of velde.
Benewens naamwoorde (waarby adjektiewe en relatiewe ingesluit is),
kan {-ana} ook kombineer met voornaamwoorde en bywoorde. Wanneer
{-ana} met the suffikse {-azi} en {-kazi} kombineer, hou dit in
sekere gevalle bykomende semantiese implikasies in.
Op semantiese viak word benewens 'n prirnêre funksie van
'verkleining', 'jonkheid' en 'kind van', ook 'n sekondêre funksie
aangetref; {-ana} kan naamlik gebruik word om onder meer liefde,
vertedering, vroulikheid, rnanlikheid, vernedering, sirnpatie en
veragting uit te druk.
M.A. (African Languages)