Abstract
M.Com. (Business Mangement)
Die grootste enkele uitdaging van bestuurders van
ontwikkelende lande vandag is om die produktiwiteit van
"kenniswerkers" en "dienste werkers" te verhoog. Volgens
Drucker (1991:69) sal hierdie uitdaging 'n belangrike punt
op die agenda van bestuurders wees vir die volgende dekade
en sal dit deurslaggewend wees vir die mededingende
prestasies van diensondernemings. Drucker (1991: 70) beweer
verder dat produktiwiteitsverhoging die hoof ekonomiese
prioriteit van ontwikkelende lande behoort te wees.
Produktiwiteitsverbetering is een van die metodes wat
aangewend kan word om ekonomiese groei en stabilitiet te
bevorder. Die winsmotief in die private sektor dien as 'n
aansporing vir bestuur om produktiwiteit te verhoog. Die
strewe na produktiwiteitsverhoging is egter volgens Kruger
(1991:3) nie 'n einddoel opsig self nie, maar eerder 'n
middel tot die doel.
Produktiwiteit is 'n bestuursverantwoordelikheid en 'n
ondernemingsdoelwit. Die bestuur van ondernemings het
verskillende hulpbronne, naamlik mense, tegnologie,
grondstowwe en kapitaal tot hulle beskikking. Dit is
bestuur se plig om hierdie hulpbronne so produktief
moontlik te laat ontvorm tot gevraagde produkte en dienste
(De Clerk, 1983:12)...