Abstract
M.Phil.
Na die nasionale munisipale verkiesings staan nuwe plaaslike munisipaliteite
voor die grootste uitdaging ooit ten opsigte van dienslewering aan die
gemeenskappe wat hulle bedien (Business Day, 2000, 12 Julie). Daar word
berig dat slegs 20% van huishoudings in die Suid Afrikaanse samelewing het
nie toegang tot skoon drinkwater en basiese sanitasie dienste het nie. Meer
as 30% huishoudings het nie elektrisiteit nie en ongeveer 40% beskik nie oor
vullisverwyderingsdienste nie (Business Day, 2000, 12 Julie). Van die
huishoudings wat wel dienste ontvang, betaal 68% hulle munisipale rekenings
stiptelik terwyl 1,4 miljoen huishoudings hulle huur en dienste gelde nie
gereeld betaal nie. (Sake Beeld, 2000, 4 Julie).
Gevolglik gaan plaaslike owerhede gebuk onder geweldige finansiele nood.
Ongeveer 151 van die 843 munisipaliteite van Suid Afrika is in 'n krisis
situasie terwyl byna die helfte van hulle finansiele probleme het. (Beeld, 1999,
22 Julie). Daar is selfs plaaslike owerhede wat pensioenfonds-,
werkloosheidsversekering- en belastingbydraes gebruik om te betaal vir
operasionele kostes. (Beeld, 2000, 27 Maart).
Die Munisipale Afbakeningsraad het die aantal munisipaliteite in Suid Afrika
verminder van 843 tot 232. In Mpumalanga alleen is die bestaande 55
munisipaliteite verminder na 25, 'n vermindering van ongeveer 50%. (Beeld,
1999, 16 November). Slegs 3 munisipaliteite in Mpumalanga funksioneer
behoorlik terwyl 12 in 'n kritieke toestand is (Provinsiale Beeld, 1999, 25
November). Nader aan die tuisfront het die munisipale funksies van Ogies in
duie gestort as gevolg van gebrek aan bekwaamheid van personeel.
Ongeveer 20% van die inwoners betaal vir munisipale dienste (Provinsiale
Beeld, 1999, 26 Julie). Die samevoeging van munisipaliteite behoort
Iewensvatbaar in die hand te werk.