Abstract
M.Comm.
Suid-Afrika was vir baie jare geisoleer van internasionale sportdeelname. Gevolglik
het sport en sportorganisasies in Suid-Afrika agter geraak vergeleke met die res van die
sportwereld. Hierdie tendens is egter nie uniek betreffende deelname op die veld nie,
maar ook van die veld of by die bestuur van sport. Stephen Aris skryf dat sport in die
laaste dekade 'n hoogs kommersiele besigheid geword het (1990. p.ix). Sport het ook
deel geword van die massavermaaklikheidsbedryf.
Die fokus van sportorganisasies ten opsigte van hul produkkonsep het begin verander
sedert die besef dat hulle in die vermaaklikheidsbedryf is (Ebissch, 1984. p.32). Ook
Sleight (1989. p.14) bevestig dat sport in 'n groot kommersiele bedryf ontwikkel het.
Naas Botha (Rapport, 1995. p.25), oudrugbyspeler en gewese bemarkingsbestuurder
van die eertydse Noord-Transvaalse Rugby Unie se ook: "Rugby is nie meer 'n spel
nie, dis 'n besigheid". Rugby is nou 'n professionele sport en meer druk word op
rugbyunies geplaas om hul eie fondse to genereer. "In die verlede is rugby as 'n
amateurspel deur amateurs bestuur. Nou is dit 'n beroepspel en dit moet deur
professionele bestuurders bestuur word" (Botha, 1996. p.27). Soos reeds genoem,
word sport toenemend 'n besigheid en word die persepsie dat dit net 'n
rekreasieaktiwiteit is, al meer op die agtergrond geplaas. In die VSA het sport as 'n
besigheid so geweldig toegeneem dat dit 'n omset van 63,1 biljoen dollar in 1990
gehad het. Dit het tot gevolg dat dit toe reeds een van die vyf en twintig grootste
industries in die VSA was (Comte & Stogel in Parkhouse, 1991. p.3 - 4).