Abstract
LL.M.
Tydens die ontwikkeling van die verskeie besigheidsondernemingsvorme in
Suid-Afrika is groot aandag geskenk aan statutere regulering van hierdie
ondernemingsvorme, asook interaksie tussen hierdie statutere
reguleringsmaatreels en harmonisering daarvan met bestaande wetgewing wat
daarop van toepassing mag wees.
Dit wil egter voorkom dat statutere regulering in Suid-Afrika ten aansien van
sekere ondernemingsvorme ver tekort skiet, aangesien daar geen onafhanklike
wetgewing in Suid-Afrika bestaan ten aansien van byvoorbeeld vennootskappe
nie, anders as in ander werelddele. Daar kan derhaiwe tereg gese word dat
die vennootskapsreg beskou kan word as die "stiefkind" van die Suid-Afrikaanse
reg. Alhoewel daar steeds verskeie Ieemtes en anomaliee bestaan ten aansien van
statutere gereguleerde ondernemingsvorme en harmonisering van sekere
statutere bepalings daarop van toepassing, met bestaande wetgewing, wil dit
voorkom asof die bestaande verwysingsbronne ten aansien van die
vennootskapsreg en ander wetgewing ernstige anomaliee teweegbring, wat
vervolgens selektief bespreek gaan word, met spesifieke verwysing na
anomaliee wat bestaan in die toepassing van sekere bepalings van die
Insolvensiewet ten aansien van vennootskappe.