Abstract
M.A.
"Child abuse and neglect is a serious and growing problem. In 1994, the South African
Police Service's Child Protection Unit dealt with 22911 cases of child abuse, which
represents a 36% increase over the previous year" (Staatskoerant, no. 18166:60).
Seksuele mishandeling van kinders is 'n verskynsel wat wereldwyd voorkom en was
onlangs in die plaaslike nuus toe 'n vader, wat sy veertienjarige dogter verkrag het, net
sewe jaar tronkstraf gekry het omdat - volgens die regter - die samelewing nie teen
hom beskerm hoef to word nie (Beeld, 1999/10/07: 11). Die rede wat regter Foxcroft
aangevoer het, was dat verkragting binne gesinsverband nie so ernstig is soos
verkragting deur 'n vreemdeling nie.
Die feit dat 'n kind seksueel deur sy eie ouers mishandel word is egter soveel erger,
want, indien 'n kind deur 'n vreemdeling verkrag word, het die kind steeds familielede
wat ondersteuning bied. Maar indien die kind deur sy/haar ouers seksueel misbruik
word, kan by/sy nerens gaan vir ondersteuning nie.
Nog 'n skokkende gebeurtenis wat die voorblaaie van menige plaaslike koerante gehaal
het, was die verkragting van 'n nege maande oue baba deur ses mans tussen die ouderdom
van 23 en 66 jaar (Beeld, 2001/10/29: 2). Enkele dae later is die verkragting van 'n
veertien maande oue baba dogtertjie van Tweeling in die Oos Vrystaat aangemeld. Sy is
vermoedelik deur twee mans, onderskeidelik 34 en 37 jaar oud, verkrag (Beeld,
2001/10/31: 2).
Ten spyte van die openbare en professionele aandag wat seksuele mishandeling ontvang
het, is daar steeds baie min Suid-Afrikaanse navorsing aangaande die fenomeen gedoen
(McKendrick en Hoffman, 1991:227-228).
Die navorser is van mening dat, indien door inligting ingesamel word aangaande die
seksueel mishandelde kind, kan kinders wat 'n risiko loop om deur hul ouers seksueel
mishandel te word, vroegtydig geidentifiseer word. In hierdie verhandeling goon daar
gefokus word op die seksuele mishandeling van kinders soos dit in akademiese literatuur
na yore tree. 'n Klein komponent van die studie behels onderhoude oor hierdie
verskynsel wat gevoer is met agt hulpverleners by Johannesburgse kinderhuise en
hierdie inligting is gebruik om die mate van kongruensie tussen literatuur en enkele Suid-
Afrikaanse empiriese voorbeelde, te bepaal. Die onderhoude is dus gevoer met die doel
om, aan die hand van die persepsies van hulpverleners in enkele kinderhuise, te sien in
welke mate die Suid Afrikaanse situasie ooreenstem met die literatuur.
Met behulp van hierdie inligting hoop die navorser om 'n duideliker beeld daar te stel van
kinders wat 'n risiko loop om seksueel mishandel te word en dot die teoretiese
gevolgtrekkings wat gemaak is uit die studie, gebruik kan word in opleidingsprogramme
vir hulpverleners en moontlik ook as basis vir verdere navorsing. Verder moet dit bydra
tot kennis vermeerdering in die veld van Sosiologie. Verder sal dit ook bydra tot
sosiologiese teorie en konsepte.