Abstract
LL.M.
Die doel van hierdie verhandeling is om die reguleringsisteem in Suid-Afrika te beskryf soos wat dit betrekking het op termynkontrakte. Termynkontrakte vorm deel van 'n groep finansiele instrumente algemeen bekend as afgeleide instrumente. Die term 'afgeleide instrumente' is 'n generiese begrip wat gebruik word om verskeie finansiele instrumente te beskryf wie se waarde afgelei word van 'n onderliggende kommoditeit, wisselkoers of indeks. Termynkontrakte word op die Suid-Afrikaanse termynbeurs (SATEB) verhandel. Ter inleiding sal die sleutelaspekte rondom termynkontrakte en termynhandel kortliks bespreek word ten einde die leser 'n oorsig te bied. Die aspekte word egter in die loop van die verhandeling, onder die toepaslike hoofstukke, meer volledige
verduidelik.