Abstract
M.Comm.
Sedert die ontstaan van TV-Nuus in 1975 het die organisasiestruktuur verskeie kere
verander. Tydens die vorming van sake-eenhede in 1990 en die transformasieproses
van 1994/95 het die struktuur aansienlike veranderinge ondergaan.
Die huidige struktuur wat deur die transformasieproses tot stand gebring is, voldoen in
meeste gevalle aan die organiseringsbeginsels wat in hoofstuk twee (punt 2.4)
bespreek is. Daar is egter duidelike bewys dat van die organiseringsbeginsels soos,
die skep van 'n duidelike gesagslyn en die beginsel van enkelskakeling, nie te alle tye
nagekom word nie.
Ten einde bestuur in staat te stel om die eise van die pas aangekondigde
herstrukturering van die SABC die hoof te bied (Sisulu, 1996: 28 - 29), is bestuur van
riglyne voorsien om TV-Nuus in 'n buigbare en aanpasbare onderneming te omskep.
In die laaste hoofstuk, hoofstuk ses, word 'n finale oorsig van die studie aangebied en
voorstelle om die ernstige gebrek aan 'n duidelike gesagslyn in die Nuusredaksie aan
te spreek word verskaf.