Abstract
M.A.
Die gewilde media skep die persepsie dat arbeid in die Iandbousektor ten gunste
van meganisasie afgeskaal word. Die navorsingsvraag wat hieruit voortgespruit
het, is die volgende: wat is die invloed van omgewingsveranderlikes op die
werkskeppingspotensiaal van die Iandbousektor? Meganisasie word nie hier
gesien as die veranderlike wat direk aanleiding gee tot die afname van
werkgeleenthede in die Iandbousektor nie, maar dat Iaasgenoemde eerder die
gevoig van bepaalde omgewingsveranderlikes soos onder andere, onlangse
arbeidswetgewing is. Arbeidswetgewing word hier dus gesien as die oorsaak
van 'n verlaging in die werkskeppingspotensiaal van die Iandbousektor terwyl
meganisasie gesien word as die metode waardeur die Iandbousektor in reaksie
op die arbeidswetgewing poog om sy ekonomiese oorlewing te verseker. 'n
Newe effek hiervan is noodwendig 'n verlaagde werkskeppingspotensiaal in
dielandbousektor. Gedurende die regeringstermyn van die huidige regering, is
daar abeids- en ander wetgewing op die Iandbousektor van toepassing gemaak
wat die vraag Iaat ontstaan wat die impak van hierdie soort veranderinge in die
taakomgewing van die Iandbou-organisasie op die werkskeppingspotensiaal van
hierdie sektor gaan wees.
'n Hipotese-stelling is soos voig geformuleer: 'n verandering in die taakomgewing
van 'n organisasie, in hierdie geval die Suid-Afrikaanse Landbousektor, gaan
noodwendig tot gevoig he dat die organisasie veranderinge sal moet aanbring
om te kan oorleef. Hierdie veranderinge word geantisipeer in die rigting van 'n
verlaging van die werkskeppingspotensiaal van die betrokke organisasie, in
hierdie geval die landbousektor, te wees. Verandering is in die arbeids- en ander
wetgewing wat op die landbousektor van toepassing is, aangebring. Daar word ook na ander invloede, soos misdaad, grondhervorming en klimatologiese
veranderinge gekyk, om te bepaal of al hierdie faktore gesamentlik aanleiding
gee tot die verlaging in die werk-skeppingspotensiaal van die landbousektor.