Abstract
M.Comm.
Die hoofprobleemstellings behels die volgende :
Sal 'n handhawing van die Heropbou en Ontwikkelingsprogram oor die algemeen as
katalisator of stremmer van ekonomiese welvaart in Suid-Afrika dien?
Water aspekte of onderafdelings van die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram se
toepassing sal as katalisators en water sal as stremmers van ekonomiese groei dien?
Ook, met inagneming van die opinies verkry van ondernemingsbestuurders, ekonome en ander
gesaghebbendes op die bogemelde probleemvrae, word die volgende van hulle bepaal :
Word daar nog ruimte gelaat of sal daar nog duidelik omskrewe parameters bestaan
waarbinne bestuurslui effektief strategies kan beplan vir hul ekonomiese voortbestaan?
Sal Suid-Afrikaanse ondernemings dit nog moontlik vind om in terme van hul strategiese
planne steeds te kan dien as die ekonomiese ontwikkelaars van Suid-Afrika?
Sal handhawing van die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram ondernemings se
strategied om groeiende winste te lewer teenwerk of belemmer, en indien wel, tot water
mate? Die vraag mag nou waarskynlik gevra word wat die doel daarvan is om te bepaal hoe die
Heropbou- en Ontwikkelingsprogram die strategiese beplanning van ondernemings sal
beinvloed?