Abstract
M.Comm.
Soos reeds vermeld bring die afkondiging op 14 Februarie 1991 van regulasie 265 in Goewennentskennisgewing
no. 125 van die Wet mee dat registrasie-owerheidsbeheerde toetsstasies hul vir die eerste keer
sedert 1931 in mededinging met die privaat sektor bevind.
6
Die probleemstelling in die onderhawige studie is of die JMVT in die huidige konteks mededingend en
lewensvatbaar kan bly, inaggenome die skerp daling in die volume voertuie wat ondersoek word met 'n
gepaardgaande verlies aan inkomste. Verder watter strategiese stappe geneem of aksies ingestel moet
word om dit mededingend te maak en of privatisering as 'n strategiese alternatief vir die JMVT oorweeg
behoort te word. Indien wel, watter vorm van privatisering sal die geskikste wees, gegewe deregulerende
wetgewing wat reeds in werking getree het.
Die doel van die studie is om 'n aantal strategiese aksies te identifiseer wat die JMVT onmiddellik en oor
die lang termyn moet ondemeem om te verseker dat dit in 'n gedereguleerde omgewing sal kan meeding
en lewensvatbaar sal bly. Uit die strategiese aksies wat geidentifiseer word, sal die aksie wat die
grootste moontlike voordeel vir die Stadsraad inhou, geselekteer word en sal die lewensvatbaarheid van
sodanige aksies ondersoek word.