Abstract
LL.M.
Aksessoriteit verwys na die afhanklikheid wat bestaan tussen 'n saaklike sekerheidsreg en die onderliggende vorderingsreg waarvoor dit ter versterking geskep word'
In die algemeen word aanvaar dat hierdie afhanklikheid behels dat die saaklike sekerheidsreg nie sonder die vorderingsreg kan ontstaan of kan voortbestaan nie. Daar moet egter vasgestel word hoe eng hierdie beginsel in die Suid-Afrikaanse
toegepas word asook of die bogenoemde die enigste gevolge van aksessoriteit is.