Abstract
M.Ed.
Die fokus van hierdie navorsing was die ontwikkeling van ‘n gemeenskaplike visie as ‘n
aspek van skoolbestuur met implikasies vir heel-skoolontwikkeling.
In hierdie navorsing is ‘n vraelys opgestel rondom die ontwikkeling van ‘n gemeenskaplik
visie as een aspek van skoolbestuur. Die vraelyste is versprei onder onderwysers in
prim8re en sekondere skole om hulle menings omtrent die belangrikheid van die
ontwikkeling van gemeenskaplike visie te bepaal.
Hoofstuk een bevat die agtergrond tot die probleem. Die navorser argumenteer dat die
meeste skole nie ‘n visie het nie. Verder word beweer dat die ontwikkeling van ‘n
gemeenskaplik visie as ‘n aspek van skoolbestuur ‘n betekenisvolle bedrae tot
heelskoolontwikkeling kan maak.
In hoofstuk twee word h oorsig oor relevante literatuur gegee. Die doel van hierdie
literatuumavorsing is die volgende:
om die aard van heel-skoolontwikkeling te ondersoek;
om die samestelling van ‘n gemeenskaplike visie na te vors;
om die belangrikheid van ‘n gemeenskaplike visie te bepaal;
om die persepsies van onderwysers ten opsigte van die ontwikkeling van ‘n
gemeenskaplik visie as aspek van skoolbestuur te bepaal; en
om vas te stel wat die implikasies van ‘n gemeenskaplike visie vir skoolhoofde het in
die bestuur van die skool as ‘n aspek van heel-skoolontwikkeling.
In hoofstuk drie word die empiriese ondersoek bespreek. Die vraelys word hanteer en die
studieverloop kortliks aangedui. Vraelyste is versprei onder primere en sekondere skole
in die Noordelike provinsie.
Hoofstuk vier fokus op die analise en interpretasie van die ingesamelde data. Die faktor
deelnemende skool-gemeenskap-vennootskap word ook bespreek. In hoofstuk vyf word belangrike bevindinge uit die literatuurondersoek gegee. In hierdie
navorsing word aangetoon dat:
'n skool se visie gedeel moet word deur al die belanghebbendes soos die ouers,
onderwysers en leerders; en
onderwysers geraandpleeg of betrek moet word by die skoolbestuur.
Belangrike bevindinge uit die empiriese navorsing, aanbevelings en onderwerpe vir
verdere navorsings word ook in hoofstuk vyf bespreek.