Abstract
M.Comm.
Gegewe die agtergrond en die probleemstelling kan die studie soos volg geformuleer
word: Die primere doelwit van die studie is om die gaping tussen die persepsie van
supermarkbestuurders oor die diens wat gelewer word in hulle ondernemings en die
persepsie van hul klante oor die diens wat werklik gelewer is, te ondersoek.
Daarbenewens sou die studie ook bepaalde sekondere doelwitte he:
1.3.1. Om die belangrikheid van bestuursdeelname by die lewering van kwaliteit
diens aan te dui.
1.3.2. Om aan te dui hoe belangrik goeie klantediens vir die algehele beeld en
bemarking van die ondememing is.
1.3.3. Om vas te stel of bestuur die behoeftes van die klant in ag neem by die daarstel
van 'n klantediensbeleid.
1.3.4. Om te bepaal of bestuur werklik bewus is van water kwaliteit klantediens in
sy ondememing gelewer word.
1.3.5 Om te bepaal wat die verwagtinge is wat die klant koester met betrekking tot
klantediens.