Abstract
M.Comm.
Die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel van vandag het met groot, nuwe uitdagings en
ingrypende veranderings te kampe. Daar moet voldoende fasiliteite en personeel vir die
toenemende aantal skoliere en die groeiende studentebevolking voorsien word en
terselfdertyd moet standaarde gehandhaaf word. Transformasieprosesse is aan die orde van
die dag en 'n algehele onderwysintergrasie is aan die gang en die Nasionale Kommissie vir
Hoer Onderwys is die spil waarom verdere veranderings in die hoer onderwys sal draai.
Hierdie transformasie noodsaak innoverende bestuur en onderrigprogramme, asook nuwe
prioriteite.
Daar word baie gese oor die bestuur van verandering, maar 'n duidelike proses word nie
uitgelig waarvolgens dit gedoen moet word nie. Die probleem is dat die proses van
verandering nie duidelik in ondernemings bespreek word the. Tweede golfbestuurders wil
eerder die status quo handhaaf en stabiliteit verseker as om die risiko's van verandering te
oorweeg.
In die huidige omstandighede in Suid-Afrika is dit belangrik dat ondernemings verander om
te kan oorleef. Bestuurspraktyke wat in die verlede toegepas is, is verouderd en
onvoldoende om die veranderings waarvoor ondernemings tans te staan kom in positiewe
geleenthede te omskep. Soos reeds genoem, is bestaande literatuur geneig om op die leierseienskappe te
konsentreer wat nodig is vir die bestuur van verandering, op die kommunikasie van
verandering en op modelle waarin die proses van verandering stapsgewys uiteengesit word.
Daar is egter spesifieke voorskrifte wat direk verband hou met bovermelde fokusareas wat
van kardinale belang is by die bestuur van verandering.
Die volgende probleme is uit die voorafbespreking geidentifiseer wat in die verloop van
hierdie studie bespreek sal word:
Massafikasie - groeiende studentebevolking
Tekort aan fasiliteite
Verouderde en onvoldoende bestuurspraktyke
`n Duidelike proses van verandering
Afname in staatsfondse
Verandering in arbeidswetgewing
Politieke aspirasies van studente
Verandering in waardes en norme van studente
finplementering van deursigtigheid
Aanstellingsprosedures
Rol van studenteraad
Verwagtinge van studente en personeel
Verandering in didaktiese beginsels. In die lig van die agtergrond en probleemstelling van die studie, kan die doelwitte van die
studie soos volg geformuleer word:
Die primere doel is om die noodsaaklikheid daarvan vir technikons om te verander, te
ondersoek. Daarbenewens het die studie ook die volgende doelwitte:
Om te bepaal of technikons al verander het.
Om te bepaal wie by verandering betrokke is.
Om te bepaal of sekere aspekte en faktore tot verandering bygedra het.