Abstract
M.Comm.
Die hoofdoel van die studie is om die toepassing van besigheidsgerigte beplanning in
HOP-projekte se potensiele waarde vir beplanning in die openbare sektor na te vors.
Verdere doelstellings van die studie is die volgende:
om die agtergrond, konteks en teorie in verband met die HOP na te vors,
om die veranderinge en nuwe verwikkelinge in die HOP vas te stel,
om die implementering en lewering van die HOP en sy projekte na te vors,
om die kultuurverandering in besigheidsgerigte beplanning binne die openbare sektor
te bepaal,
om die bestaande privaatsektor- en regeringsriglyne en teorie oor besigheidsplanne na
te vors,
om die toepassing en waarde van die gestelde beginsels in die opstelling van
besigheidsplanne vir HOP-projekte empiries te bepaal,
om gevolgtrekkings en aanbevelings uit die navorsing te maak.