Abstract
M.A.
Die advertensievertaler by 'n koerant worstel elke dag met die probleem van Anglisismes.
Meningsverskil oor die probleem lei dikwels tot lewendige bespreking in die vertaalkantoor. Daar is
die siening dat die taal geskryf moet word soos hy gepraat word. Basta met woordeboek- en
stylboekvoorskrifte. Aan die ander kant is daar voorstanders van die siening dat Standaardafrikaans
in die koerant gebruik word en styl- en woordeboeke hierin van groot nut is. Die meningsverskil het
tot hierdie ondersoek aanleiding gegee.