Abstract
M.Cur.
Die doel van hierdie studie is om geraasbeheer in 'n spesifieke chirurgiese
intensiewesorgeenheid te verken en beskryf ten einde aanbevelings te verkry vir die
opstel van 'n protokol vir geraasbeheer in die chirurgiese intensiewesorgeenheid. Die
twee doelwitte van hierdie studie is in twee fases uitgevoer:
Fase 1:
Om na aanleiding van 'n literatuurstudie die mate waartoe pasiente in die chirurgiese
intensiewesorgeenheid geraas as 'n probleem beleef, te verken en beskryf.
Fase 2:
Om personeel se sienings omtrent geraasbeheer in die chirurgiese intensiewesorgeenheid
te verken en beskryf, soos dit met die resultate van fase 1 verband hou, ten einde
aanbevelings te verkry vir die opstel van 'n protokol vir geraasbeheer.
Die doel van die protokol vir geraasbeheer is om die gesondheid van die personeel en
pasient in 'n spesifieke chirurgiese intensiewesorgeenheid te herstel, bevorder en
handhaaf. Aanbevelings word gemaak vir die praktyk, verpleegonderrig en verdere
navorsing.