Abstract
Die doel van die studie is om ‘n oorhoofse grammatiese beskrywing te doen
van hulpwerkwoorde wat as subkategorie van die woordklas werkwoord
funksioneer. Sodanige beskrywing behels onder meer die identifisering en
klassifisering van taalvorme wat as hulpwerkwoorde funksioneer. Die
grammatiese aard van hierdie taalvorme word in taalkonteks semanties,
sintakties en morfologies ontleed, met spesiale fokus op die diakroniese
ontwikkelingsgang wat hierdie taalvorme kenmerk. Kategorie- en
rangverskuiwing wat deurlopend in die ontwikkelingsproses met toepaslike
voorbeelde toegelig word, vorm ‘n belangrike basis waarop die studie gebaseer
is.
Verder word daar veral aandag bestee aan die semantiese kenmerke van
hulpwerkwoordgroepe wat tot op hede weinig aandag van grammatici ontvang
het en verskeie voorbeelde word nougeset ontleed. Kategorie- en
rangverskuiwing in die ontwikkelingsproses word deurlopend aangetoon.
Prof. L.C. Posthumus