Abstract
Die Inrigting ontwikkelings en ondersteuningsbeampte ( IOOB) in die
departement van onderwys vervul ‘n belangrike rol om te verseker dat onderwys
transformeer en dat die skool se bestuurspan georiënteer word om ‘n kultuur van
onderwys en onderrig te bewerkstellig. Onlangse konsepte van
onderwysleierskap demonsteer ‘n beweging weg van tradisioneel-outoritêre
modelle, na ‘n meer demokratiese en deelnemende wyse.
Die doel van die navorsing was om die persepsies van die skool se bestuurspan
ten opsigte van die rol van die Inrigting ontwikkelings en ondersteuningsbeampte
(IOOB) in the Ekurhuleni-Oos Distrik 5, te ondersoek. Die IOOB’s moet die skole
se bestuurspanne toerus en ontwikkel, sodat die gehalte van onderwys en
onderrig kan verbeter.
‘n Gestruktureerde vraelys wat bestaan uit 32 items is aan distrik 5 se skole se
bestuurspanne uitgedeel, sodat hulle persepsies van die IOOB’s vasgestel kon
word. Vrae is geformuleer in verband met aspekte van onderwysbestuur en
onderrig. Die voltooide vraelyste is aan STATKON by the Universiteit van
Johannesburg oorhandig, waar die data verwerk is.
Die ontleding en interpretasie van die empiriese data is bespreek. Die
konstrukgeldigheid van die navorsingsinstrument is deur middel van twee
opeenvolgende faktoranalitiese prosedures ondersoek en sodoende is die 32
items tot twee faktore gereduseer, naamlik:
• Die doeltreffende leierskap en bestuur van die IOOB, bestaande uit 14
items met ‘n betroubaarheidskoëffisiënt van 0,967;
• Die ingrypingstrategie en ondersteuning van die IOOB, bestaande uit 18
items met ‘n betroubaarheidskoëffisiënt van 0,964.Die statistiese ontleiding van die navorsing is beperk tot ‘n vergelyking van een
voorbeeld van twee onafhanklike groepe en een voorbeeld van drie of meer
onafhanklike groepe. Hipoteses is gestel en meervoudige statistiese tegnieke is
gebruik om die data te ontleed en te interpreter. Na hierdie oorsigtelike
opsomming van die aspekte wat in die huidige navorsing aangeraak is, word
belangrike bevindings wat uit die navorsing voorspruit gemaak.
Prof. B.R. Grobler