Abstract
Hoofstuk een voorsien die agtergrond tot die navorsing asook ‘n beskrywing van
die probleme. Dit bevat die doel van die navorsing, die metodologie wat gevolg
is en gee ‘n uitklaring van konsepte wat in die navorsing gebruik is.
Hoofstuk twee fokus op ‘n uiteensetting van die onderwerp van die navorsing,
naamlik DIE ASSESSERING VAN PROFESSIONELE ONTWIKKELING VAN
ONDERWYSERS EN DIE IMPLIKASIES VIR GEHEELSKOOL EVALUERING.
Die doel van die navorsingsprojek was om te bepaal watter kriteria noodsaaklik is
vir die doeltreffende professionele ontwikkeling van onderwysers. Om hierdie
doel te verwesenlik is ‘n literatuurstudie onderneem wat as basis vir die
empiriese navorsing gedien het.
Die bespreking in hoofstuk twee is gerig op die geïntegreerde gehalte
bestuurstelsel wat bestaan uit werkverrigting assessering, die ontwikkeling van ‘n
stelsel vir assessering en geheel skool evaluering. Die studie belig hoe
bogenoemde assesseringstelsels gebruik is om die professionele ontwikkeling
van die onderwyser te fasiliteer. In die geïntegreerde gehaltebestuurselsel is
klaskamer-waarneming ‘n kritiese aspek wat gebruik is om die behoeftes van
onderwysers te bepaal oor hoe hulle ‘n klaskamer moet bestuur. Klaskamerwaarneming
is gegrond op die volgende kriteria: die skepping van ‘n positiewe
leeromgewing, kennis van die kurrikulum, lesbeplanning, voorbereidng en
aanbieding, asook leerlingassessering. Sodra die behoeftes van die onderwyser
vasgestel is, is gepaste professionele ontwikkelingsprogramme noodsaaklik om
klaskamer bestuursvaardighede te verbeter. Met ander woorde, wanneer
onderwysers professioneel ontwikkel word, verbeter hulle die gehalte van leer en
onderrig by skole deur hul betrokkenheid in en by lewenslange leer.
Die ontwerp van die navorsingsprojek is in hoofstuk drie uiteengesit. ‘n
Beskrywing van die empiriese ondersoek is voorsien. Die vraelys is bespreek en
die verloop van die navorsing kortliks aangeraak. Al die vrae met betrekking tot
doeltreffende professionele ontwikkeling het gelei tot gemiddelde tellings tussen
2,20 en 3,23.
Die ontleding en interpretasie van die empiriese data is in hoofstuk vier bespreek.
Die konstrukgeldigheid van die navorsingsintrument is deur middel van twee
opeenvolgende faktoranalitiese prosedures ondersoek en sodoende is die 37
items tot twee faktore gereduseer, naamlik:
effektiewe ontwikkelingsprogramme bestaande uit 20 items met ‘n
betroubaarheidskoëffisient van 0,913; en
personeel ontwikkelingsprogramme bestaande uit 17 items met ‘n
betroubaarheidskoëfissient van 0,892.
Die statistiese ontleding van die navorsing is beperk tot ‘n vergelyking van een
voorbeeld van twee onafhanklike groepe met een voorbeeld van drie of meer
onafhanklike groepe. Hipoteses is opgestel en multivariante statistieke gebruik
om die data te ontleed en te interpreteer. Na hierdie oorsigtelike opsomming van
die aspekte wat in die huidige navorsing aangeraak is, word belangrike
bevindings wat uit die navorsing voortspruit, gemaak.
Prof. R. Mestry