Abstract
Die AGS het tot vier jaar gelede as vier ras gesegregeerde kerke
gefunksioneer. Elke kerk se lidmate het uit ras- eie lidmate bestaan.
Berading was binne kultuur-eie konteks gedoe n. Die beradingsopleiding
van die pastoralekorps was ook op kultuur-eie beginsels
gebaseer.
Na die verenigingsproses van hierdie vier kerklike afdelings het die
k u l t u u r -eie karakter van sommige gemeentes verander na
multikulturele gemeentes. Dit het nie net nuwe uitdagings gebring
nie, maar ook nuwe spanning ten opsigte van kruiskulturele beraad.
Die pastor bevind homself in die posisie dat daar nou oor
kultuurgrense heen, aan kultureel minder bekendes berading verskaf
moet word.
Bestaande beradingsmodelle kan nie summier op die unieke Suid-
Afrikaanse konteks van toepassing gemaak word nie. Die kulturele
diversiteit van Suid -Afrika lê nie net in die verskillende volkere nie,
maar ook binne die realiteit dat ons met onder andere `n Westerse
wêreldbesko uing en ‘n tradisionele Afrika wêreldbeskouing te make
het. Bestaande beradingsmodelle is kultuur-eie modelle, en spreek nie die huidige situasie effektief aan nie .
Dr. L.J. Erasmus