Abstract
Hierdie proefskrif is in twee dele verdeel.
Die doel van hierdie proefskrif is die bestudering van aankope beheer en die daarstelling van
beheer oor die aankopefunksie van die Randse Afrikaanse Universiteit.
Die Randse Afrikaanse Universiteit bevind homself in ‘n maalkolk van verandering
waarbinne die Regering ‘n belangrike rol speel in rigtinggewing en die beheer van
hoëronderwysinstellings.
Alhoewel die Regering nog nie betrokke geraak het by die mikro bestuur van
hoëronderwysinstellings nie, het hierdie studie bewys gelewer dat daar wel gronde is vir
groter inmenging in die finansiële bestuur van universiteite en technikons.
Van die metodes wat die Regering kan gebruik om beter korporatiewe beheer e n finansiële
bestuur te bewerkstellig is onder andere vinnige intervensie by die vind van wanadministrasie,
‘n duidelike definisie van die vertroue -verantwoordelikheidsposisie tussen
hoëronderwysinstellings en die Regering, die toepassing van publieke -sektor finansiële
wetgewing, sowel as korporatiewe beheerbeginsels wat spesifiek vir die publieke sektor
geskryf is.
Al hierdie stappe het ten doel om meer effektiewe finansiële beheer in
hoëronderwysinstellings te vestig.
Hierdie studie het bewys dat nie alle universiteite en technikons in die besonder goeie
finansiële posisie is waarin die Randse Afrikaanse Universiteit hom bevind nie.
Ten einde net beter finansiële beheermaatreëls te vestig by die Randse Afrikaanse Universiteit
het hierdie proefskrif verder gegaan om in detail beheer daar te stel oor aankope.
Die resultate van hierdie proefskrif sluit in die skryf van ‘n eenvormige aankopebeleid,
prosedurehandleiding en standaard dokumente wat in die tender - en aankopeproses gebruik
gaan word.
Purchasing governance and control for the Rand Afrikaans University
Die proefskrif sluit ook spesifieke reëls in ten opsigte van die toepassing van
voorkeurverkrygingsbeginsels. Hierdie voorkeurbehandeling word toegespits op voorheen
benadeeldes sowel as klein, medium, mikro en baie klein ondernemings. Die
voorkeurbehandeling wat voorgestel word is in baie opsigte meer progressief as die reëls wat
deur die Regering toegepas word en is ‘n refleksie van die wyer transformasie wat binne die
Randse Afrikaanse Universiteit plaasgevind het.
Voorkeurbehandeling word egter net toegespits op tansaksies wat na die tenderkomitee
verwys word.
Opsigself is hierdie voorkeurbehandelingsmeganismes nie genoegsaam om blywende
aankopehervorming aan die Randse Afrikaanse Universiteit te weeg te bring nie.
Die proefskrif maak dit duidelik dat daar normalisering moet kom in die
besigheidsverhouding tussen die universiteit en verskaffers.
Die metode wat voorgestel word om hierdie doelwit te bereik, is die daarstelling van ‘n
omvattende goedgekeurde verskafferslys wat die demografie van die Suid-Afrikaans e
samelewing weerspieël.
Aangesien die beleid en prosedures wat in hierdie proefskrif voorgestel word tot ‘n groot mate
afhanklik is van die mense wat die proses dryf, sluit deel A van die studie af met ‘n etiese
kode vir aankopepersoneel.
Deel B van die proefskrif sit die beleid, prosedures, reglemente en standaard dokumente
uiteen wat ontwikkel is en wat inderdaad al ‘n geruime tyd in werking is by die Randse
Afrikaanse Universiteit.
Dr. G. Els