Abstract
Hierdie kwalitatiewe studie beskryf en eksploreer die lewensverhale
van die preseteerders wie hulle Finale Matrikulasie Eksamen behaal
het, ten spyte van hopelose armoedige toestande in haglike en
minder bevoorregde omstandighede in `n informele woonbuurt in
Gauteng, Suid Afrika. Motiveeringsfaktore, wat hulle
gedetermineerdheid beïnvloed het, om ten alle koste te slaag, en
hulle vasberadenheid om hulle natuurlike erfenis te oorskry, is
verder ondersoek. Teen hierdie agtergrond, sal die verstandelike
gesondheid van toekomstige presteerders aangemoedig word, om
sodoende die jeug van vandag aan te spoor om wel sukses te bereik
ten spyte van hulle agtergrond. Hierdie studie sal ook in die
plaaslike gemeenskap die bewusthied inskerp en ter selfder tyd die
wêreld gemeenskap inlig dat daar hoop bestaan om sukses te
bereik, ten spyte van die verskeidenheid uitdagings wat voorlê.
Mandela onderskraag ook die gedagte dat ons hoop en drome ons
werklikheid kan word (dit is die inskrywing op die steen wat onthul
is op die Nelson Mandela standbeeld op 31 Maart 2004.)
Hierdie navorsingsontwerp het in-diepte fenomonologiese
onderhoude met presteerders tussen negentien en drie-en-twintig
jaar oud, wat `n sekondêre skool bywoon in `n informele woonbuurt,
behels. Beide die eksploratiewe en beskrywende ontwerpe is
toegepas om die betekenisse te ontdek en om waarlik al die
kompleksiteite omtrent die bly en leef in `n informele woonbuurt te
begin verstaan en dat die mense tog `n mate van sukses bereik in
hierdie omstandighede.
Die tydelike intree in die leefwêrelde van die presteerders was `n
leersame ondervinding wat bevestig het dat ten spyte van die
daaglikse uitdagings van armoede en die veelvoudige-generasie
verhoudinge waarmee hulle te doen het, sal hulle prestasies hulle
tog toelaat om hierdie beperkinge to oorkom. Hulle ewige hoop en
buigbaarheid sal hulle bystaan om sodanig hulle omgewings
invloede te ontduik. Hierdie presteerders sal mik daarna om hulle
jonger broers en susters aan te moedig deur positiewe rolmodelle te
wees en deur werk te kry. Hulle sal deur hulle prestasies die geld
hê om te help met die opvoeding van broers en susters en
sodoende die siklus van armoede en sukkel breek.
Die bevindinge van die studie wys verder dat die presteerders
geestelik gegroei het deur na die Here te draai deur gebed en geloof
in hulle vermoë om sukses te bereik in die toekoms. Hulle word ook
aangemoedig om vordering te maak en hulle doelwitte is heel
realisties. Die onderskraging wat hulle van hulle skool en familie
kry beteken vir hulle baie en soos wat hulle besef dat hulle nie
alleen is nie en ook daardeur is dit vir hulle bevestig dat daar hoop
is om wel ten spyte van die uitdagings, suksesvol te wees.
Prof. C.P.H. Myburgh