Abstract
Sesessie is sekerlik een van die mees omstrede en terselfdertyd aktuele onderwerpe ter
wéreld en ook in Afrika weens die feit dat dit so rewolusionêr en seldsaam is. Meeste state
beskik vandag oor uiteenlopende etniese, kulturele en linguIstiese groepe wat op unieke
wyses polities, ekonomies en sosiaal geakkommodeer en beskerm moet word. Dit geld
beslis ook Afrika nadat die koloniale grense aanleiding gegee het tot onafhanklike state
wat state maak deur nasies spreekwoordeiik te breek. Sodoende is groepe wat saam
hoort, van mekaar deur internasionaal erken grense geskei terwyl diegene wat afsonderlik
moes voortbestaan, saamgevoeg in soms hoogs ontvlambare staatsbestelle. Potensiële
minderhede het toe meerderhede geword en moontlike meerderhede het verspreide
minderhede geword na afloop van die dekoloniseringsproses sy gang sedert die laat
1950's begin loop het.
Suid-Afrika, Ethiopie en Liberië was Afrika se enigste onafhanklike state teen die einde
van die Tweede Wereidoorlog. Daarna het dekolonisering, bedoelende 'n metropoiitaanse
mag wat wettige onafhanklikheid aan sy kolonie toestaan, vinnig die politieke landskap van
die vasteland verander. Teen 1956 was daar agt onafhanklike state en in 1960 het 'n
verdere 16 kolonies onafhanklikheid verkry. Drie jaar later is die Organisasie vir Afrika-
Eenheid (OAE) deur 32 nuut onafhanklike state gestig. Teen 1977 het die organisasie 47
lidstate gehad. Sy opvolger, die Afrika-Unie (AU), het huidiglik 54 lidstate (Marokko is nie
'n lid nie).
Dekolonisering was egter sover beslis nie die enigste roete na soewereine staatskap in
Afrika nie en 'n hele paar gebiede het die sesessie-roete geloop. Hierdie verskynsel kan
as volg omskryf word: "The creation of a new State upon territory previously forming part
of, or being a colonial entity of, an existing State." Sesessie in Afrika verdien meer
akademiese ondersoek weens onder meer die gewelddadige aard van sulke pogings, die
streeksimpak daarvan, die weersin daaroor op multilaterale en regeringsvlak in Afrika en
die feit dat daar nog heeiwat sulke ontluikende en ten voile gemanifesteerde bewegings op
die vasteland is en ons nog nie die laaste daarvan gesien het nie.
Hierdie prbefskrif poog om die volgende vraag te beantwoord: Hoe het verskillende
sesessiepogings in post-koloniale Afrika verloop? Ten einde hierdie doelwit te bereik, sal
daar byvoorbeeld na die kontekste, oorsake en metodes van sekere gevalle gekyk word....
D.Phil. (Political Studies)